• Geur die garnale met sout en peper, verhit die olie en botter in ’n wok of groot pan en braai die garnale in bondels tot dit bruin is. Verwyder en laat staan eenkant. 
  • Plaas die groente in die pan; roerbraai 3-5 min. Giet die sous by, plaas weer die garnale in die pan en roerbraai nog 3-5 min.
  • Vir voorsit: Skep bo-op die rys, strooi neute oor en sit voor saam met ’n lemmetjiewiggie.  

Wenk

Die garnale kan vervang word met ’n 1 kg-pak seekosmengsel. Koop dit vooraf – dit kan tot drie maande in die vrieskas gehou word.

Voeg 1-2 gekapte vars rissies by die see­kosmengsel vir ekstra byt.

Foto: Jacques Stander


Roerbraai-pakkie #3
  • 3-4 selderystokkies, gekap
  • 100 g babamielies, in die lengte gehalveer
  • 250 g wortels, in dun repies gesny
  • 80 g suiker-ertjies


Foto: Jacques Stander

Soetrissiesous (Lewer sowat 300 ml)
  • 200 ml klappermelk
  • 60 ml (¼ k) soetrissiesous
  •  30 ml (2 e) sojasous
  • 10 ml (2 t) lemmetjiesap
  • 5 ml (1 t) mielieblom
  • 5 ml (1 t) rissievlokkies, opsioneel

Plaas al die bestanddele in ’n fles en skud tot goed gemeng.