Genoeg vir 2 mense
Bereiding: 20 min.
Staantyd: 1 uur
Gaarmaaktyd: 5 min.
GARNALE
10 koninggrootte
garnale, in die dop
sout en pas gemaalde
swartpeper
MARINADE
250 ml (1 k) droë witwyn
2 knoffelhuisies, gekneus
60 ml (¼ k) vars suurlemoensap
5 ml (1 t) groen brandrissie
30 ml (2 e) vars pietersielie, gekap
VINAIGRETTE
100 g vars frambose
100 g suiker
80 ml (¹/3 k) water
30 ml (2 e) olyfolie
sap van 1 suurlemoen
SLAAI
400 g vars aarbeie, in die helfte gesny
200 g roketblare
As jy hout-sosatiestokkies gaan gebruik, week dit vooraf in water sodat dit nie op die vuur aan die brand raak nie
- Garnale Geur die garnale met die sout en peper.
- Marinade Meng al die bestanddele in ’n glasbak en laat die garnale 1 uur marineer.
- Vinaigrette Verwerk die vinaigrette-bestanddele in ’n voedselverwerker tot glad. Bedek en plaas in die yskas.
- Slaai Meng die aarbeie en roket en drup die vinaigrette oor.
- Ryg die garnale op die stokkies en braai 4-5 minute op warm kole of tot hulle netnet pienk is.
- Sit voor saam met die aarbeislaai.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET