• Garnale: Meng al die bestanddele versigtig en laat minstens 1 uur in die yskas om te marineer.
  • Chimichurri: Meng al die bestanddele goed en geur met die sout na smaak. 
  • Vir afronding: Ryg elke garnaal in die lengte aan ’n kebabstokkie. Verhit ’n ysterpan tot rookwarm en braai die garnale in sarsies tot effens geskroei en gaar, ongeveer 1-2 min. per kant.
  • Klits die roomkaas en room of melk met ’n elektriese klitser tot glad. Verdeel dit tussen 8-10 klein glasies. 
  • Skep van die chimichurri bo-op die roomkaas en garneer met die koljanderblare. Plaas ’n garnaalkebab in elke glasie en sit voor.

WENK: Hummus of tzatziki sal ook goed werk by die garnale pleks van die roomkaas. Pleks van chimichurri: Kap tamaties, komkommer en olywe baie fyn en geur met olyfolie en suur­lemoensap.