• Plaas ’n groot pan of wok oor matige hitte, voeg die olie en kerriepasta by en laat ’n minuut of twee prut terwyl jy af en toe roer tot die pasta begin braai.
  • Voeg die ui by, roerbraai ’n minuut en roer die klappermelk by tot goed gemeng.
  • Verlaag die hitte, voeg die mielies, murgpampoentjies en koljander by en laat sowat 2-3 min. prut voor jy die vis byvoeg. Sit ’n deksel op en laat prut tot die vis gaar is. Sit voor saam met basmatirys of vermicellinoedels.

Geel Thaise kerriepasta 

Foto: Jacques Stander

  • 300 g soetrissies (rooi vir rooikerrie, geel vir geel­kerrie en groen vir groenkerrie) 
  • 15-20 ml (3-4 t) fyn borrie
  • 50 g knoffel, fyngedruk
  • 20 g gemmer, fyngemaal
  • 3-5 brandrissies
  • 1 sitroengrasstingel, ­fyngekap
  • 40 g vars koljanderblare, gekap
  • 15 ml (1 e) fyn koljander
  • 5 ml (1 t) sout
  • 5 ml (1 t) vars gemaalde swartpeper