• Gekrummelde vis: Klad die vissies liggies droog met kombuispapier en rol in die meel. Klits die eiers en melk saam en hou eenkant. Meng die krummels en koljanderblare saam.
  • Doop die vissies in die eiermengsel en rol in die krummels. Pak op ’n bord en laat 30 min. verkoel.
  • Verhit die olie in ’n diep pan en braai in sarsies tot goudbruin en bros. Dreineer op kombuis­papier.
  • Tartarsous: Meng al die bestanddele goed en sit voor saam met die vissies.