Voorverhit die oond tot 200 °C. Voer ’n oondpan met bakpapier uit.

Geur die visstukke met die knoffelsout en suurlemoenpeper. Druk die vis in die meel en skud die oortollige meel af. Bedek die vis met die eierwitte gevolg deur ’n mengsel van die brood- en graanvlokkiekrummels. Pak die vis in ’n enkellaag op die bereide pan en bak 15 min. of tot deurgaar.

Sous

Meng intussen die mayonnaise of mayonnaise-en-jogurt-mengsel en dille in ’n klein bak.

Afronding

Halveer elke baguette en sny dit dan in die lengte middeldeur maar nie heeltemal deur nie. Verdeel die vis, sous, slaaiblare en ekstra dille tussen die baguettes. Sit voor saam met die suurlemoen­wiggies.

Wenk
Plaas die gekrummelde vis vir 20 min. in die yskas voor jy dit bak om te verhoed dat die krummels afval
tydens gaarmaak.

Foto: David Briers; stilering: Esther Malan; kos-assistent: Waleed Alexander