Voorverhit die oond tot 200 °C. Bespuit 4-6 bak­-kies of ramekins of ’n oondbak met kossproei.

  • Kerrie: Verhit ’n diep pan en rooster die komyn- en koljandersaadjies tot geurig. Skep uit die pan uit en maal in ’n vysel met ’n stamper fyn. Hou eenkant.
  • Verhit die olie en botter in dieselfde pan en roerbraai die uie, knoffel, gemmer en brandrissies tot geurig en gekaramelliseer.
  • Voeg die gemaalde saadjies en die res van die speserye by. Sprinkel die meel oor en roer deur.
  • Giet die klappermelk bietjies-bietjies by en roer aanhoudend tot die kerrie begin verdik.
  • Voeg die blatjang en suurlemoensap by en laat liggies prut tot die kerrie verder verdik. Roer die mossels deur en geur met die sout en peper. Skep in die bereide bakkies, ramekins of oondbak.
  • Vir voorsit: Breek die filodeeg in growwe stukke op. Frommel die deeg en pak bo-op die kerrie. Verf liggies met die botter en rooster 10-15 min. tot goudbruin. Rond af met die vars koljander.