• Verhit die olie in ’n groot pot en roerbraai die ui en knoffel tot sag. Voeg die chorizo of spekvleis by en braai tot gaar en effens bros.
  • Voeg die rissievlokkies, wyn en kersietamaties by en bring tot kookpunt. Geur met die sout en peper na smaak. Kook sowat 15 min. tot geurig.
  • Voeg die mossels by (as jy vars mossels gebruik, net dié wat toe is). Plaas die deksel op en verhit tot die mossels gaar is en die skulpe oop­gegaan het, sowat 10 min. Skud die pot van tyd tot tyd. (Gooi die mossels weg wat nie oop­gegaan het nie.)
  • Voeg die pieter­sielie by en meng deur. 
  • Sit onmiddellik voor saam met die brood.

Wenk: Jy kan die mossels met klein frikkadelletjies vervang.

Wyn en geblikte tamaties sorg vir die vloeistof en alles word in een pot gaargemaak.

Wat seekos en vis betref, is mossels een van die goedkoopstes, en bevrore mossels is oral beskikbaar.

Boonop is mossels op die groen Sassi-lys.

Gaan kyk by wwfsassi.co.za of jy volhoubare seekos koop.