• Bring ’n groot kas-trol water met ’n teelepel sout in tot kookpunt.
  • In ’n groot pan, braai die knoffel in die botter tot dit net ligbruin begin raak.
  • Voeg die suurroom, room, dragon, neutmuskaat en peper by.
  • Voeg die gnocchi by die kookwater en kook tot dit na bo dryf (sowat 2 min.).
  • Verwyder die gnocchi met ’n gaatjies­lepel en voeg dit by die roommengsel.
  • Voeg die snoek by en laat 1 min. prut. Roer versigtig, anders breek die snoek in fyn stukkies op.
  • Voeg die suurlemoensap by, en strooi die pietersielie en kaas oor.
  • Aangesien die snoek en kaas reeds sout is, behoort jy nie ekstra sout te benodig nie, maar proe gerus.


BELANGRIK: Plaas altyd ’n duide­like waarskuwing vir grate op die tafel wanneer jy gevlokte vis voorsit.