Voorverhit die oond tot 200 °C. 

  • Vis: Plaas die vis in ’n marineerbak. Meng die res van die bestanddele goed en giet bo-oor die vis. Maak seker die vis is heeltemal met die marinade bedek. Marineer30 min.
  • Pastarys: Kook intussen die pastarys volgens die aanwysings op die verpakking tot gaar. Dreineer en skep terug in die kastrol. Voeg die aftrekselpotjie en room by die pastarys. Plaas die kastrol terug op die stoof en roer 5 min. oor lae hitte. Geur met die sout en vars gemaalde peper na smaak.
  • Skep die pastarys in ’n oondpan. Haal die vis uit die marinade en pak bo-op die pastarys. Giet die orige marinade oor die gebak.
  • Bedek die oondpan met tinfoelie en bak 15 min. Haal die tinfoelie af en bak nog 10 min. Sit voor saam met nog suurlemoen, indien verkies.