Voorverhit die oond tot 230 °C. Sit ’n draadrakkie op ’n bakplaat en bespuit met kossproei.

  • Geur die harders binne en buite met die seesout. Pak dit op die draadrakkie en rooster 15 min. in die oond of tot gaar.
  • Slaai: Sny die eiers in blokkies en sit in ’n mengbak. Voeg die res van die bestanddele by en geur met die sout en peper na smaak.
  • Mayonnaise: Meng alles goed en geur met sout na smaak.
  • Vir voorsit: Maak die harders oop en haal die ruggraat van die vissies versigtig uit. Skep die slaai bo-op en drup die mayonnaise oor. Sit dadelik voor.