• Sny versigtig deur die dop oor die rugkant van elke garnaal en verwyder die dermpie.
  • Spoel af onder koue water, dreineer en laat staan eenkant.
  • Plaas jou wok oor matige tot hoë hitte.
  • Voeg die olie by wanneer dit warm is en swaai die pan tot die warm olie die hele pan bedek.
  • Voeg die gekapte ui by en braai 30 sek., gevolg deur die knoffel; braai nog 20 sek.
  • Voeg die groen soetrissie by, en dan die garnale ná 30 sek.
  • Roerbraai nog 2 min. waar­tydens die garnale pienk behoort te word.
  • Voeg die botter by en strooi die suiker, sout en peper eweredig oor.
  • Meng goed en braai 2-3 min. tot die garnale deurgaar is.
  • Sit voor en geniet dit.