• Sous: Verhit die botter en braai die uie sowat 2 min. Voeg die kookwater by en laat prut tot die uie sag is en die water grootliks verdamp het.
  • Meng die oorblywende bestanddele buiten die sout, peper, koue water, jogurt en piesangs en voeg by die uie.
  • Roer tot die mengsel begin kook en verdik. Geur met die sout en peper. Laat afkoel en voeg die koue water en jogurt by.
  • Skil die piesangs, sny in skywe en plaas in ’n opdienbak. Giet die sous oor en roer effens deur.
  • Strooisel: Meng al die bestanddele en strooi oor die slaai net voor jy dit voorsit.
  • Vir voorsit: Sit voor saam met die vis.