Bespuit die mandjie van ’n lugbraaier met kossproei.

Visporsies

  • Drup die olie oor die vis en geur met die sout, peper en ma­sala.
  • Pak die vis in die mandjie van ’n lugbraaier.
  • Verhit tot 200 °C en rooster 7-12 min. of tot gaar soos verkies. (Die gaarmaaktyd sal afhang van hoe groot die porsies is.)
  • Drup die suurlemoensap oor sodra die vis gaar is en skep versigtig uit die mandjie.

Tartarsous

  • Meng al die bestanddele goed.

Burgers

  • Rooster die broodjies, indien verkies.
  • Smeer van die tartarsous op die een helfte van elke broodjie en pak van die komkommerstokkies bo-op.
  • Plaas ’n visporsie bo-op en rond af met die kruieblare, indien gebruik.
Wenk
Party oondjies moet vooraf verhit word, terwyl ander sommer net so gebruik kan word. Maak seker jy lees die aanwysings van die oond deeglik voor jy dit gebruik.