• Geur die vis met die sout, peper en masala. Rol elke vismootjie in die meel.
  • Verhit 'n bietjie olie in 'n pan vir vlakbraai en braai 10 min. per kant of tot die vis net gaar is, maklik met 'n vurk gevlok kan word en nie meer glaserig vertoon nie. Bedruip met 'n bietjie vars suurlemoensap.
  • Slaai: Rangskik die slaaiblare, tamaties en avokado’s in 'n slaaibak of -bord. Plaas die vis bo-op en rond af met die brand­rissie en suurlemoensap. Sprinkel die mikrokruie oor, indien verkies, en sit dadelik voor.
  • Resepte: Gadija Sydow Noordien en Fatima Sydow
Wenk
Jy kan die gebraaide vis ook saam met kapokaartappels geniet. 

Kom neem deel aan die gesprek
Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.