Voorverhit die oond tot 190 °C. Smeer ’n bakplaat liggies met olyfolie.

  • Vis: Geur die vis met die visspeserye en sout en peper.
  • Skep die mielieblom en meel in twee aparte borde en die eiermengsel in ’n bak.
  • Doop elke stukkie vis in die mielieblom, daarna in die eier en dan in die meel. Plaas vir 30 min. in die yskas.
  • Plaas op die bakplaat en oondbak ongeveer 15-20 min. of tot net gaar en tot die vleis maklik met ’n vurk vlok en nie meer blink nie.
  • Vir voorsit: Bak die tjips in die oond soos aangedui en sit voor saam met die vis en suurlemoenwiggies.