• Verhit die olie in ’n groot pan en braai die spek tot bros. Voeg die speserye by en braai tot geurig.
  • Voeg die ui, knoffel, brand­rissie en soet­rissie, indien verkies, by en roerbraai tot gekaramelliseer. Giet die wyn of aftreksel by en laat 5 min. prut. Voeg die hoender- of groente­aftreksel by en bring tot kookpunt.
  • Voeg die rys by en laat 15 min. oor matige hitte prut of tot gaar. Roer af en toe om te verhoed dat die rys vasbrand.
  • Roer die sardyne saam met die sous, oesters of mossels en ertjies by. Verhit 5 min. of tot alles deurwarm is – moenie te veel roer nie, andersins sal die seekos uitmekaarbreek. Geur met die sout en peper na smaak.
  • Vir voorsit: Sit die paella voor saam met die vars pietersielie en suur­lemoenwiggies.