• Plaas die olyfolie, botter, ui en knoffel in ’n mikrogolfvaste glasbak.
  • Mikrogolf 5-8 min. of tot die ui deursigtig is.
  • Voeg die res van die bestanddele, buiten die garnale, by.
  • Mikrogolf nog 20-25 min. of tot die pampoen sag en gaar is.
  • Maak dit met ’n staafmenger tot ’n gladde mengsel fyn.
  • Voeg die garnale by die sop en mikrogolf nog 5 min.
  • Geur goed met die sout en peper en sit voor.
Wenk
Jy kan die garnale met stukkies wit vis vervang.