• Druk die vis met kombuispapier droog, geur met die visspeserye, sout en vars gemaalde peper en rol in die koekmeel.
  • Braai die visse of filette, sowat 3 per keer, in goedverhitte olie tot goudbruin – sowat 2 min. per kant. Skep uit.
  • Roerbraai die ui, knoffel en brandrissies in die olie wat in die pan agtergebly het tot sag.
  • Voeg die water, asyn en lemmetjiesap by. Voeg die lourierblaar en peperkorrels by. Kook 10 min. Geur met die sout na smaak.
  • Skep die vis terug in die pan en verhit tot goed warm.
  • Skep die vis en sous in ’n niemetaalbak en laat afkoel. Maak toe en verkoel minstens 24 uur of verkieslik 48 uur voor dit voorgesit word.

Dié piekelvis het deur die Portugese en Spanjaarde in Suid-Amerika aangekom. Die asyn­marinade verleen nie net ’n heerlike geur aan die gebraaide vis nie; dit dien ook as preserveermiddel. Dit is ’n tegniek wat die Arabiere ontwikkel het om vis en vleis langer te bewaar. 

Wenk: Die vis sal sowat ’n maand lank goed hou. Giet ’n lagie olie oor om dit goed te bewaar.