4 (as ligte maaltyd) 6 (as voorgereg)
3-4 uur of oornag
15 min.
Bestanddele
- 250 g minvet- gladde maaskaas
- 125 ml (½ k) elk mayonnaise en natuurlike volroomjogurt
- 1 x 200 g-blik salm, gedreineer en oortollige vel en grate verwyder
- 15 ml (1 e) gekapte vars dille
- 30 ml (2 e) gekapte vars pietersielie
- fyngerasperde skil van 1 suurlemoen
- sout en vars gemaalde peper
- 10 g gelatien, gespons in 20 ml (4 t) water
- Vir voorsit
- komkommerskyfies
- suurlemoenwiggies
- beskuitjies of roosterbrood
Metode

Bespuit ’n terrienvorm metkossproei.
- Klits die maaskaas, mayonnaise en jogurt saam tot glad. Voeg die salm, kruie en suurlemoenskil by en geur met die sout en peper.
- Verhit die gelatien 10 sek. in die mikrogolf of tot gesmelt. Voeg by die salmmengsel en meng goed. Skep in die bereide terrienvorm, bedek en verkoel 3-4 uur of oornag tot gestol.
- Vir voorsit: Keer die terrien uit en sit voor saam met die komkommerskyfies, suurlemoenwiggies en beskuitjies of roosterbrood.
Ons wil graag hê jy moet langer kuier.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET