• Giet die water in ’n groot, diep pan en bring tot kookpunt. Voeg die pasta by saam met ’n knippie sout en ’n skeut olie. Bedek gedeeltelik en laat 6-7 min. vinnig kook.
  • Voeg die aspersies, ui, kappertjiesaad en sjerrie by en laat kook nog 4 min. Dreineer die oortollige vloeistof indien nodig. Geur mildelik met die sout en peper.
  • Verwyder van die hitte en roer die roomkaas, mayonnaise, suurlemoensap en tuna by. Meng goed.
  • Afronding: Strooi die pietersielie en gekrummelde skyfies, indien gebruik, bo-oor en sit dadelik voor.
Wenk
As jy nie vars aspersies het nie, kan jy gebliktes gebruik.