• Seekossop: Verhit die helfte van die olie in ’n platboompot en braai die uie en knoffel.
  • Voeg die water en die visafsnysels (vel, kop en grate) by en laat 8 min. prut. Giet die mengsel deur ’n sif om al die grate en vel te verwyder.
  • Giet die aftreksel terug in die potjie en voeg die tamaties, speserye, peper en brandrissie by en laat prut. Geur met die sout.
  • Rol die visstukkies in die meel. Verhit die res van die olie in ’n aparte pan en braai die vis tot net goudbruin, maar nie gaar nie.
  • Voeg die gebraaide vis en mossels by die aftreksel en laat 5 min. prut. Roer die room by, verwyder die potjie van die kole en laat prut tot gaar.
  • Garnale met byt: Verhit die botter in ’n gietysterpan tot ligbruin.
  • Voeg die knoffel en garnale by en roerbraai 1 min.
  • Voeg die rissie, speserye en peper by en roerbraai tot die garnale pienk is. Skep die garnale uit en bedruip met die lemmetjiesap en -skil.

Die Maters van Toeka sit die sop voor saam met byterige garnale en varsgebakte brood.