• Verhit die olie in ’n diep pan en braai die uie en knoffel tot sag. Voeg die speserye by en roerbraai nog 1 min.
  • Giet die aftreksel by en bring tot kookpunt. Roer die snoek en mossels by, plaas ’n deksel op die pan en stoom 7-10 min. of tot die mossels gaar is.
  • Voeg die stampmielies by en roerbraai tot verhit.
  • Roer die suurlemoensap en -skil en pietersielie deur die paella en geur met die sout en heelwat vars gemaalde peper na smaak.
  • Vir voorsit: Sit die paella voor saam met die suurlemoenwiggies en ekstra pietersielie.