Salm-en-kaas-vetkoek

akkreditasie
Vetkoek bly bobaas! En met 'n heerlike dekadente vulsel kry dit boonop 'n smaaklekker nuwe baadjie

Bereiding: 10 minute

Gaarmaaktyd: 4 minute

Lewer 12 koekies

125 ml (½ k) broodkrummels

4 sprietuie, fyn gekap

30 ml (2 e) vars koljander, gekap

15 ml (1 e) vars gemmer

3 knoffelhuisies, fyn gekap

2 eiers

30 ml (2 e) balsemieke reduksie

30 ml (2 e) suurlemoensap

2 x 400 g-blikke salm

30 ml (2 e) olie

Om mee voor te sit

kaas

agurkies

vetkoek

  • Meng die broodkrummels, uie, koljander, gemmer, knoffel, eiers, balsemieke reduksie en suurlemoensap in ’n bak.
  • Roer die salm in en meng met ’n vurk.
  • Vorm in koekies.
  • Plaas hulle op ’n skinkbord en verkoel 30 minute. (Dit maak die koekies makliker hanteerbaar.)
  • Verhit olie in ’n pan oor hoë hitte. Sit die koekies in en en bak 2 minute weerskante of tot goudkleurig.

- Hope Malau

Jongste uitgawe

21 Oktober 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees