• Salm: Verhit die olie en botter in ’n warm kleefvrye pan en geur die salm met die sout en peper. Braai 2 min. met die velkant na onder, draai om en braai 1-2 min. aan die ander kant. 
  • Sous: Plaas al die bestanddele in ’n beker en verwerk met ’n staafmenger of voedselverwerker tot goed gemeng.
  • Slaai: Plaas die roket op ’n opdienbord, gevolg deur die granaat- en pampoenpitte en parmesaanskaafsels. Sit voor saam met die salm en sous.