Voorverhit die oond tot 200 °C. Bespuit 2 grootbakplate met kossproei.

  • Verdeel die deeg in 4 porsies en rol rofweg in sirkels op ’n meel­bestrooide oppervlak uit. Pak die basisse op die bakplate en prik met ’n vurk. Drup die olie oor en bak 10 min.
  • Verwyder uit die oond en smeer die tamatie­sous van die sardyne oor die pizzabasisse. Sprinkel die knoffel, brand­rissies en mozzarella oor. Breek die vis in stukke en pak bo-op die kaas.
  • Pak die soetrissie bo-op en geur met die sout en peper. Bak 10 min. in die oond of tot die kaas gesmelt is. Sprinkel die koljanderblare oor, sny in skywe en sit voor.