Hierdie visbobotie met geblikte sardyne en lensies is ’n bekostigbare en smaaklike alternatief vir bees- of lamsvleisbobotie.
Genoeg vir 4-6 mense Bereiding: 10 minute
2 blikke (400 g elk) sardyne
15 ml (1 e) olie
1 ui, gekap
3 knoffelhuisies, fyngemaal
30 ml (2 e) kerriepoeier
2 wortels, gerasper
500 ml (2 k) lensies, gekook
2 snye witbrood, in 125 ml (½ k) melk geweek en dan fyngemaak
2 eiers
375 ml (1½ k) melk
sout en peper
9 lourierblare
- Voorverhit die oond tot 180 °C.
- Vlok die vis en verwyder die grate.
- Verhit die olie in ’n pan oor matige hitter en soteer die ui tot sag. Voeg die knoffel, kerriepoeier, wortels, lensies en geweekte brood by.
- Vou die vis in en skep in ’n bakskottel.
- Klits die eier en melk saam, geur met sout en peper en giet oor die vis. Steek lourierblare bo in en bak ’n halfuur of tot goudkleurig en geset.
Ons wil graag hê jy moet langer kuier.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET