Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n oondvaste bak.

  • Kook die aartappels in soutwater tot sag en sny in skywe (jy hoef nie te skil nie).
  • Besprinkel die eiervrugte met die sout en laat staan 15 min. in ’n vergiettes. Spoel af, druk droog en sprinkel paprika of rooi­peper oor.
  • Pak op ’n bakplaat, sprinkel die olie oor en bak sowat 20 min. (draai halfpad om) tot goudbruin en sag. 
  • Verhit olie in ’n pan en roerbraai die ui, knoffel en soetrissie tot sag. Voeg die spinasie by en verhit tot verwelk. Voeg die tamaties by en verhit tot sag.
  • Voeg die sardyne en tamatiepasta by en verhit tot warm. Sprinkel die pieter­sielie oor en geur na smaak met die sout en peper en die suurlemoensap en -skil. Verhit tot geurig.
  • Witsous: Smelt die margarien in ’n pan, roer die meel by en roer tot glad. Giet die melk by en roer aanhoudend tot die mengsel kook en verdik. Geur met die mosterdpoeier en sout en peper na smaak.
  • Afronding: Braai die broodkrummels in ’n bietjie verhitte olie tot bros.
  • Pak ’n laag aartappels in die bak, voeg van die sardynmengsel by, giet ’n bietjie witsous oor en pak ’n laag eiervrug. Herhaal die lae en eindig met die witsous. Sprinkel die bros broodkrummels oor en bak sowat 20 min. of tot geurig. Sit voor saam met ’n slaai.