Voorverhit die oond tot 180 °C. Bespuit ’n oondvastebak.

  • Smelt die botter in ’n pan en braai die uie en knoffel tot sag. Voeg die pietersielie by.
  • Roer die meel in en roer aanhoudend tot glad.
  • Voeg die wyn of aftreksel by en hou aan roer tot dit net begin kook.
  • Giet kookwater oor die seekos om enige yserigheid af te spoel. Voeg die seekos by die uiemengsel. Giet die room oor en bring tot kookpunt terwyl jy aanhou roer. Laat prut tot die seekos net gaar is, sowat 3-5 min.
  • Skep die seekosmengsel in die oondvastebak en sprinkel die broodstukke bo-oor. Stip met die knoffelbotter en sprinkel die pietersielie ruimskoots oor. Bak sowat 15 min. of tot die brood goudbruin is.
  • Vir voorsit: Sit voor saam met die suurlemoen­skyfies.

WENK

Pleks van die bevrore seekosmengsel kan jy geblikte sardyne, sardientjies en mossels gebruik.