• Braai die steurgarnale oor warm kole tot dit pienk verkleur, sowat 2 minute per kant. Hou eenkant.
  • Plaas die tentakels en seekosmengsel in ’n swartpot, geur met sout en peper, rasper die skil  oor en giet ’n bietjie water by. Plaas die deksel op en stoom oor matige kole tot net sag, maar nie stukkend nie, sowat 20 min. Skep uit.
  • Braai die brandrissies en knoffel saam met die ui in ’n klein bietjie olie tot sag. Voeg by die seekosmengsel.
  • Giet die orige olyfolie en asyn by. Voeg die pietersielie en soetrissies by en geur met sout en peper.
  • Voeg die steurgarnale by en plaas ’n paar skyfies suurlemoen tussenin. Skep in ’n bak, maak toe en marineer oornag. Sit voor saam met die olyfbrood indien verkies.

WENK

Pleks van steurgarnale kan jy ook mossels in die skulp gebruik.