Voorverhit die oond tot 200 °C. Bespuit 2 groot bakplate met kossproei.

  • Verdeel die brooddeeg in 4 gelyke dele en rol dit rofweg in sirkels uit op ’n meel­bestrooide oppervlak.
  • Pak die deegsirkels op die bereide bakplate en steek plek-plek gaatjies in met ’n vurk. Bedruip dit met olie en bak die pizzabasisse 12-15 min. of tot dit gaar is. Verwyder uit die oond.
  • Bolaag: Smeer die basisse met die tamatiepuree en besprinkel met die mozzarellakaas. Pak die bokkom­repies bo-op die pizzas – jy het nie baie nodig nie, want die bokkoms het ’n baie sterk geur.
  • Pak die tamaties op die pizzas en bak nog 10 min. of tot die kaas gesmelt is en die tamaties begin bars.
  • Sprinkel: die pietersielie oor en bedruip met olyf­olie. Geur met die sout en vars gemaalde peper. Sny die pizzas in skywe en sit voor.