Voorverhit die oond tot 180 °C.

Viskoekies

  • Sny die vis in klein blokkies.
  • Plaas die vis, rooikerriepasta, eiers, sojasous en koljanderblare in die bak van ’n voedselverwerker en verwerk tot goed fyngekap.
  • Skraap die vismengsel in ’n groot mengbak uit. Voeg die sprietuie en groenboontjies by en meng goed.
  • Sif die amandelmeel by die mengsel in en meng weer goed.
  • Vorm die mengsel in 6-8 viskoekies.
  • Verhit 30 ml (2 e) van die klapperolie in ’n groot pan oor hoë hitte. Braai die helfte van die viskoekies 5 min. aan elke kant tot goudbruin. Dreineer op kombuispapier en herhaal met die oorblywende klapperolie en viskoekies.
  • Plaas die viskoekies op ’n bakplaat en bak 5-10 min. tot gaar dwarsdeur. Verwyder uit die oond en laat eenkant effens afkoel.

Sous

  • Meng al die bestanddele goed.

Sit voor

  • Sit die viskoekies voor op ’n kraakvars slaai van fyn wortel- en preie-repies.
  • Rond af met ’n skeppie van die suurroomsous bo-oor.