• Vlok die gedreineerde sardyne rofweg en meng met die tuna.
  • Plaas die brandrissie, sitroengras, knoffel, stingeluie en gemmer in die bak van ’n voedselverwerker en pols tot fyn. Voeg by die vismengsel.
  • Voeg die koljander by die mengsel en meng goed. Geur met die sout.
  • Voeg die res van die bestanddele by en meng deur. Vorm viskoekies met die mengsel en pak dit in ’n enkellaag op ’n bord. Bedek met kleefplastiek en verkoel 1 uur in die yskas of selfs oornag.
  • Verhit ’n bietjie olie vir vlakbraai en braai die viskoekies in sarsies tot goudbruin aan albei kante. Dreineer op kombuispapier, indien verkies.
  • Vir voorsit: Sit die vis- koekies warm of koud voor saam met die slaai, kruie en lemmetjie­wiggies.