Verhit die olie en botter in ’n groot kastrol oor matige hitte en braai die knoffel, ui en rooi soetrissie tot sag.

Voeg die sojasous, lemmetjieskil en -sap, kerriepasta, komyn, sout en peper by en roerbraai sowat 4-5 min.

Voeg die aftreksel en klappermelk by en bring tot kookpunt. Laat
15 min. prut.

Voeg die vis, koljander en brandrissie by en laat 5 min. prut tot gaar. Sit 

Sit voor saam met die kasjoestrooisel.