• Burger: Meng al die bestanddele, geur met sout en peper en vorm in burgerkoekies. Plaas op ’n bakplaat en verkoel 30 min. voor jy dit braai.
  • Koolslaai: Meng die bestanddele in ’n bak en sit eenkant.
  • Sous: Plaas al die bestanddele buiten die sesamsaad en grond­bone in ’n verwerker en verwerk tot glad. Giet oor die slaai, voeg die sesamsaad en grondbone by, en meng deur.
  • Verhit die olie, braai die koekies sowat 2 min. aan elke kant en dreineer op kombuispapier.
  • Vir voorsit: Sny die rolletjies middeldeur, plaas die koekie en roket op die onderste deel en sit die ander helfte bo-op. Sit voor saam met ’n bietjie koolslaai. 

WENK

Plaas 1-2 burgerkoekies in herseëlbare sakkies en vries tot 3 maande. Laat oornag in die yskas ontdooi en verhit in die mikrogolf.