20 min.
4-6
30-35 min.
Bestanddele
- FRITTATA
- 250 ml (1 k) bevrore ertjies
- 2 x 170 g-blikkies tuna, gedreineer
- 60 ml (¼ k) mayonnaise
- 15 ml (1 e) grasuie, gekap
- 2 knoffelhuisies, fyngedruk
- sout en vars gemaalde peper
- 6 aartappels, gekook tot net gaar en in skywe gesny
- 1 ui, in wiele gesny
- 125 ml (½ k) cheddarkaas, gerasper (opsioneel)
- EIERVLA
- 4 eiers, geklits
- 250 ml (1 k) melk
- sout en vars gemaalde peper na smaak
Metode

Voorverhit die oond tot 180 °C. Bespuit ’n middelslagoondbak met kossproei.
- Frittata: Giet kookwater oor die ertjies en laat 10 min. staan. Dreineer en hou eenkant.
- Plaas die tuna, mayonnaise, grasuie en knoffel in ’n mengbak en meng goed. Geur met die sout en vars gemaalde peper.
- Pak ’n laag aartappel en ui onderin die bak. Smeer van die tunamengsel oor en sprinkel die helfte van die ertjies oor. Herhaal die lae en eindig met ’n laag ertjies. Sprinkel die kaas bo-oor indien gebruik.
- Eiervla: Klits al die bestanddele goed saam en geur met die sout en vars gemaalde peper. Giet die vla oor die frittata en bak 30-35 min. of tot die eiervla gestol is. Sit voor saam met ’n krakerige groenslaai, indien verkies.
Frittata is smullekker, vullend en gaan jou nie ’n hoop geld kos om te berei nie. Probeer gerus dié tunaweergawe.
Ons wil graag hê jy moet langer kuier.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET