• Rollade: Plaas die eiers, melk en spinasie in die bak van ’n voedsel­verwerker en pols tot fyn. Voeg die koekmeel, bakpoeier, sout en peper en cheddar by en klits tot glad. Giet in ’n beker, bedek en laat 30 min. verkoel.
  • Verhit ’n bietjie olie in ’n kleefvrye pan en bak dun eierpannekoeke met die mengsel. Rol elke pannekoek op sodra dit gaar is. Hou eenkant om heeltemal af te koel.
  • Vulsel: Meng al die bestanddele goed.
  • Afronding: Plaas twee pannekoeke bo-op mekaar en versprei van die tunavulsel bo-op. Pak van die spinasieblare bo-op en rol die pannekoeke stewig op. Herhaal met die res van die pannekoeke en vulsel.
  • Sny die rolletjies in wiele en sit voor saam met die suurlemoen­skyfies.