Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n middelslag-oondskottel.

  • Verhit die olie in ’n groot pan en braai die uie en knoffel tot die uie goudbruin is.
  • Voeg die broccoli-blommetjies by en roerbraai 2 min.
  • Voeg die botter by en verhit tot gesmelt. Voeg die meel by en roer. Giet die melk in en roer tot glad. Verlaag die hitte en hou aan roer tot dik.
  • Voeg die mosterd en pasta by en meng goed. Voeg die helfte van albei kase by, voeg die kappertjiesaad, tuna, pietersielie en brood by, geur met sout en peper, en roer deur tot goed gemeng. Skep die pastamengsel in die voorbereide skottel en strooi die oorblywende kaas oor. Bak 30 min.
  • Laat heeltemal afkoel, sny in porsies, plaas in vrieskasveilige toebroodjiehouers van plastiek, en vries wat jy nie dadelik inpak nie. Wanneer jy die pasta wil werk toe vat, laat dit oornag in die yskas ontdooi en verhit dit etenstyd in die mikrogolf. 
  • Slaai: Meng al die bestanddele en sit voor saam met die verhitte gebak.