Voorverhit die oond tot 200 °C. 

  • Deeg: Plaas die meel, paprika en sout in ’n bak en vryf die botterblokkies by die droë bestanddele in tot dit soos fyn krummels lyk. Voeg die koue water by om ’n deeg te vorm.
  • Rol die deeg op ’n oppervlak wat met meel bestrooi is uit tot ’n dikte van sowat 3 mm in ’n langwerpige ovaal vorm. Plaas op ’n bakplaat wat met ’n vel bakpapier gevoer is.
  • Vulsel: Smeer die ba­siliepesto op die basis en los rondom ’n 3 cm-rand oop. Pak die res van die vulselbestanddele bo-op.
  • Vou die deegrand effens oor die vulsel. Verf die deeg met die eiermengsel. Plaas in die oond en bak 25-30 min. tot goudbruin.
  • Vir voorsit: Bedek met grofgeskeurde vars basilieblare en sit voor.