Voorverhit die oond tot 180 °C.

  • Verhit die olie in ’n kastrol en braai die preie en knoffel tot sag en geurig. Voeg die aartappels en botter­skorsie by en giet die aftreksel oor. Laat die groente prut tot dit amper sag is.
  • Voeg die vis by en laat prut tot gaar. Roer sodat die vis stukkend vlok.
  • Geur die mengsel met die suurlemoensap en sout en peper na smaak. Skep die mengsel in ’n oondbak.
  • Oorgietkors: Meng die meel, bakpoeier en sout in ’n mengbak. Vryf die botter met jou vingerpunte by die meelmengsel in.
  • Klits die res van die bestanddele saam en giet by die meel­mengsel. Meng goed en giet eweredig oor die vulsel in die oondbak.
  • Bak die pastei 20-25 min. of tot die kors gaar en goudbruin is. Verf met ’n bietjie gesmelte botter sodra die pastei uit die oond kom, indien verkies.