Meng die vis en sojasous in ’n middelslagbak.

Roerbraai die vis in sarsies in ’n wok met warm olie oor hoë hitte tot amper deurgaar. Skep uit die wok.

Verhit die wok en roerbraai die bevrore groentemengsel tot ontdooi. Dreineer die groente.

Giet nog ’n bietjie olie in die wok, nie te veel nie, plaas die groente terug en roerbraai tot die groente sag is. Plaas die vis terug in die wok, voeg die oorblywende ligte sojasous en oestersous by en roerbraai tot ­deurwarm.

Vir voorsit

Sit voor saam met rys of noedels.

Wenke
  • Jy kan hoenderfilette pleks van die vis ­gebruik.
  • Gebruik Chinese eetstokkies om te roerbraai. Dis veel makliker om die gaarmaakpro­ses te beheer en keer dat die kos oorgaar raak of uitmekaarbreek.