• Basiliebotter: Kap al die bestanddele buiten die botter in die voedsel­verwerker fyn. Voeg die botter by en meng goed. Rol in ’n rolletjie en vries.
  • Tamatiesalsa: Meng al die bestanddele en plaas in ’n flessie.
  • Vis: Spuit ’n rooster goed met kossproei. Plaas die vis met die velkant na onder op die rooster. Sny die botter in skyfies en plaas ruimskoots bo-op die vleiskant van die vis. 
  • Plaas hoog bo stadige kole (jy moet jou hand so 10 tellings daaroor kan hou) en braai tot die vleis wit en nie meer glaserig is nie, sowat 15 min. Plaas nog botterskyfies op soos nodig en verf die ­gesmelte botter van tyd tot tyd oor. 
  • Maak die rooster toe en draai die vis om; verf die velkant ook met botter. Braai sowat 2 min. tot 
    die vleiskant net effe ­geskroei is, draai om en braai net weer vinnig aan die velkant. 
  • Plaas die vis op ’n bord en skep van die salsa bo-oor.
  • Voorsit: Sit voor saam met ekstra skyfies suurlemoen.

WENK

Verf mielies met basilie-brandrissiebotter en braai tot gaar. Sit voor saam met die vis.