Voorverhit die oond tot 180 °C.

  • Sit die halfgaar aartappeltjies in ’n oondbak.
  • Sprinkel die balsemieke asyn en die olie van die songedroogde tamaties oor die aartappels en roer dit goed deur.
  • Geur na smaak met die sout en peper en bak in die voorverhitte oond tot die aartappels gaar is en ’n mooi kleur het.
  • Pak die vis bo-op die aartappeltjies en geur met die sout en peper.
  • Sit die songedroogde tamaties, uiemarmelade, knoffelsmeer, dille, brand­rissie en broodkrummels in ’n voedselverwerker en verwerk tot ’n growwe mengsel.
  • Skep oor die vis en bak 20 min. tot gaar.