Verhit die olie in ’n groot braaipan. Roerbraai die broccoli, uie en kerrie
1-2 min. tot die broccoli net sag is. Voeg die aftreksel by en laat prut.

Voeg die rys en lensies by. Laat prut 3-4 min. terwyl jy roer tot deurwarm. Meng die tamaties en dille deur en geur.

Verhit ’n middelslag-kastrol soutwater met ’n skeut asyn tot dit liggies kook. Breek die eiers een vir een in die water wat liggies kook. Verminder die hitte tot laag en kook 2-3 min. terwyl jy dit met water bespat. Skep die eiers met ’n gaatjieslepel uit.

Verdeel die rys tussenvier bakke. Skep die vis, vinkel en gaar eier bo-op. Strooi die brandrissie, ekstra stingeluie en dille oor.

Vir voorsit

Sit voor saam met die jogurt.

Wenk
Geblikte tunastukke kan ook pleks van die salm of forel gebruik word.
© JENNENE PLUMMER (RESEPTE)/ROB SHAW (FOTO'S)/BAUERSYNDICATION.COM.AU/MAGAZINEFEATURES.CO.ZA, KATE BROWN (STILERING), CARLY SOPHIA TAYLOR (KOSASSISTENT)