• Kook die patats tot sag. Laat afkoel. Trek die skilletjies af en druk fyn saam met die fyn­gedrukte knoffel, ui, suurlemoenskil en -sap. Geur met die sout en peper.
  • Verhit 1 eetlepel botter in ’n pan. Sprinkel sout en peper oor die vars vis. Sodra die botter bruin is, braai die vis vinnig 2-3 min. aan albei kante. Die vis moet net-net gaar wees. Laat afkoel en vlok.
  • Meng die gebakte en gerookte vis, komyn, krummels of meel, eier, kruie en brandrissie met die patatmengsel. Meng met ’n vurk en werk liggies om die tekstuur te behou.
  • Vorm in koekies.
  • Rol in die krummels of mieliemeel en plaas vir minstens 30 min. in die yskas.
  • Verhit die res van die botter in ’n pan. Sodra goed warm (lekker donkerbruin), verlaag die hitte en plaas die viskoekies versigtig in die pan. Laat bruin word aan die een kant, draai om en bak bruin aan die ander kant, ongeveer 3 tot 4 min. aan elke kant. Haal uit en plaas op kombuispapier om die botter te absorbeer. 
  • Sit voor saam met ’n skyfie suurlemoen, knoffelmayonnaise of dalk ’n bessieblatjang.
Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe!