Voorverhit die oond tot 200 °C. Smeer ’n groot bakplaat liggies met olyfolie.

  • Viskoekies: Verhit die olie in ’n pan en braai die ui tot sag. Roer die aartappels by en braai tot gaar.
  • Skep die aartappelmengsel in ’n mengbak en voeg die vis, pietersielie en suurlemoenskil by. Meng en geur met die sout en peper na smaak.
  • Meng die eier en hawersemels deur die vis-mengsel. Verdeel in 8-10 porsies en vorm in koe- kies.
  • Krummel: Rol die koekies in die meel, gevolg deur die eier en daarna in die hawermout. Pak op ’n bord en verkoel minstens 30 min. 
  • Pak die viskoekies op die bakplaat en drup die olyf- olie oor. Rooster 15-20 min. of tot goudbruin en bros. (Die viskoekies kan ook in ’n klein bietjie olyf- olie in ’n pan gebraai word, indien verkies.)
  • Vir voorsit: Sprinkel die pietersielie en suurlemoenskil oor die viskoekies en sit dit voor saam met die suurlemoen­wiggies.