Meng die kits-aartappelpoeier met 500 ml (2 k) kookwater in ’n bak.

Skep 2 eetlepels pesto uit en hou dit eenkant.

Roer die salm, oorblywende pesto en 125 ml (½ k) broodkrummels by die kapokaartappel in. Meng goed en geur na smaak.

Vorm in 12 koekies en plaas vir 30 min. in die yskas.

Plaas die oorblywende broodkrummels in ’n vlak bak. Druk die koekies in die krummels en draai dit om sodat dit oral met broodkrummels bedek is.

Verhit olie in ’n groot braaipan oor matige hitte. Braai die koekies 3 min. alkant tot oraloor verbruin en deurwarm.

Sit voor saam met die 2 eetlepels pesto wat jy eenkant gehou het.

Wenk
Voeg groente by die viskoekies en sit voor saam met pangebraaide gehalveerde Brusselse spruitjies, indien verkies.
© RESEPTE EN FOTO’S:  WILLIAM MEPPEM/BAUERSYNDICATION.COM.AU/MAGAZINEFEATURES.CO.ZA; STILIS: VIVIEN WALSH ; FOTO-SJEF: ADAM CREMONA