Voorverhit die oond tot200 °C. Hou ’n oondbak byderhand.

  • Vulsel: Verhit die olie en botter in ’n diep pan en roerbraai die uie tot sag. Voeg die seldery, wortels en aartappels by.
  • Sprinkel die meel oor, roer deur en giet die melk en aftreksel by. Roer aanhoudend tot die vulsel begin verdik. Verlaag die hitte en laat 5 min. liggies prut. Roer die tuna deur en geur met die sout, peper, suurlemoenskil en -sap.
  • Skep die vulsel in die oondbak.
  • Bolaag: Plaas die aar­tappels, ertjies, botter en melk in ’n bak en druk fyn. Geur met die kruie en sout. Skep die kapok bo-op die vulsel en verf met die eier. Bak 15-20 min. en sit warm voor.