20 min.
4-6
n.v.t.
Bestanddele
- 1 komkommer
- 2 Granny Smith-appels
- 5 ml (1 t) suurlemoensap
- 2 stele seldery (met die blare aan, afgespoel)
- 250 g aarbeie, afgespoel
- Slaaisous
- 125 ml (½ k) natuurlike jogurt
- 60 ml (¼ k) mayonnaise
- 60 ml (¼ k) fyngerasperde pecorino of beleë cheddar
- Vir afronding
- vars baslieblare
- 100 g rou okkerneute of amandels, fyngekap
Metode

- Sny die komkommer in kort stokkies en sit in 'n slaaibak.
- Ontstronk die appels, sny dit ook in stokkies en voeg by die komkommer. Drup die suurlemoensap oor en meng liggies.
- Kap die seldery asook die blare rofweg op en voeg by die slaai. Sny die aarbeie soos verkies, voeg by die slaai en meng liggies.
- Slaaisous: Meng alles goed en giet oor die slaai. Meng liggies.
- Vir afronding: Strooi die okkerneute of amandels oor die slaai en rond af met basilieblare soos verkies.
Wenk
Jy kan die aarbeie in die slaai met bloubessies of selfs nektariens vervang.
Kom neem deel aan die gesprek
Ons wil graag hê jy moet langer kuier.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET