• Meng die aartappels, tamaties en roket­blare liggies en hou eenkant.
  • Pesto Pols die sonneblompitte, knoffel en tamaties in die bak van ’n voedselverwerker tot fyn.
  • Giet die olie bietjie vir bietjie by en geur met die sout. Verdun met nog ’n bietjie olie indien verkies. 
  • Meng die pesto deur die slaai en sit voor. 


WENK: Vir ’n kitsweergawe, meng 60 ml (¼ k) klaar bereide winkel­pesto met 125 ml (½ k) elk jogurt en mayonnaise. Rasper die skil van 1 suurlemoen by en meng deur die aartappels.